Soos Glas

Ek was altyd ’n eenvoudige persoon,
Nie in moeilikheid gekom of gesoek nie,
Nie ’n druppel hartseer of verwyt gehaad nie,
Nie ’n smeersel huiwer nie,
Groot hart met baie liefde.
TOE:
jy deel die nuus,
skielike
treursame
nuus
van die persoon wat die meeste vir my beteken
se
dood
ek kan dit nie verwerk nie,
ek begin
bars
kraak
breek
knars
huil.