My liefie

Hartseer vul my lewe
Soos trane jou oe
My liefde ek’t jou verloor
Jou soet stem vul
my gedagtes met musiek
Ek vra vir nog net een vliek
Die golwe van die see
jou n afstand ver geneem
Nou is als so vreemd
Die blou kamer muur
jou oe se ewige staar
Is jy dan regtig klaar
n Kombers van stilte
vul die eens se gelag
My liefie jy’t belowe jy sou wag

Droom Huis

Daar in die verte, in die Bronberge
Le daar n sprokie wat my hart begeer
In die diepte van die groot bloekom bome en
wilgers daar sal my hart na hunker met geen keer

Op die immergroen heuwels sit n huisie;
Omring deur die skone natuur,
In die huis,
Was ek nog nooit van tevore,
Maar toe my oe die eerste dag die plekkie vind
Begin ek weer diep denkend droom soos n kind;

Ek sit daar op die stoepie op n naweek weggebreuk
En kyk uit oor die vlaktes en dink aan gister se gedagtes
In die blou lug sien ek die weerspieling van n man, met
n kleine handjie in sy groot skulp hand omring hy die seuntjie
Wat hy help met die visstok so groot en onbeskore vir sy lyfie
Probeer hy sy eerste vissie vang in ons eie dam

Ek hoor die gelag en gejuifel van my dogtertjie
Soos ek in die gras groen berg skeur inkyk, vind ek
Haar heel spelend, fluister sy saggies vir al haar troeteldiere

Dis laat middag en die twee le uitgepaas die sagte,
Bronne briese wind waai deur ons hare, soos die
Groot bome n lied sing, die perde kom oor die heuwel met
Haas, en vir ou laas skyn die son met sy streulende strale deur die
Skeur van die Bronberg se deur.

Soos die laaste glimlag vir die laaste dag, weet hy ons
Harte smag vir more-
Nog n eksotiese wonderlike dag, In die droomhuis
Wat steeds in my toekoms sit en wag……………

J.C Jacobs