Wanneer ons stil word voor God

Wanneer ons stil word voor God
en Hom vertrou vir wat Hy beloof
het Hy sal doen
antwoord Hy op n manier wat ons nooit verwag.

Ons weet alles verander
en ons kan anders kyk
na dit wat ons deurmaak
omdat ons gevul is met Sy krag.

Ons is toegerus vir wat ook al op ons wag,
want ons weet Hy is met ons
al moet ons deur hoe swaar gaan
en ons sal sterker staan as ooit tevore.

In stil wees en vertrou
sal geloof ons staande hou
omdat ons weet wanneer ons glo
sal alles vir ons uitwerk.