God openbaar Homself

God openbaar Homself in ons lewens
In tye en maniere wat ons laat besef dat Hy alleen die bron
van alle waarheid en kennis is.

Hy verander winter in somer
Hartseer en pyn gee vir Hom kans
Om ons van binne aan te raak
En ons met Sy liefde heel te maak.

Ons omstandighede
Maak dat Hy ons kan aanraak
En ons seer en pyn kan vat
Om n getuienis van Sy getrouheid te wees.

Deur Sy werk in ons lewens
Leer ons Hom ken as die Geneser, voorsiener en versorger
Van alles wat ons daagliks nodig het.

(C) Ellie Bezuidenhout

Speak Your Mind

*

Notify me of followup comments via e-mail. You can also subscribe without commenting.