God se liefde

God se liefde
Gee ons die vertroue
Om op te staan en om elke dag
Meer as oorwinnaars te leef.

Dit is omdat Hy ons dra
Deur elke swaar
En ons Hom beter leer ken
Om te sien hoe Hy vir ons omgee.

Dit is hoe Hy deur ons pyn
Ons toerus met Sy krag
En ons sterk maak
Om elke dag ten volle te leef.

Dit is hoe Hy ons lewens
In Sy groter plan gebruik
Wat ons verseker dat Hy ons liefhet
Meer as wat ons ooit kan dink of verstaan

(C) Ellie Bezuidenhout

Speak Your Mind

*

Notify me of followup comments via e-mail. You can also subscribe without commenting.